Bom van WWI-oorlog ontwrig kerktee

Koffie-oggend by ʼn kerk is na ʼn bomalarm blitsig beëindig nadat ʼn gemeentelid ʼn lewende ploftoestel na die geleentheid gebring het. ʼn Oorlogsgeskiedenis-entoesias het drie bomdoppe wat uit WWI dateer na die St Paul-kerk in Withington, Manchester gebring om aan ʼn ander entoesias te wys. Die polisie van Groter Manchester is ontbied nadat die verdagte toestel gerapporteer is. ʼn Kordon van 25-meter is rondom die gebou getrek en ʼn bomopruimingeenheid het die toestel onder beheerde omstandighede skadeloos gestel.