Bom tref Berlynse sinagoge

Die Duitse kanselier, Olaf Scholz, het ‘n petrolbomaanval op ‘n Berlynse sinagoge veroordeel. Hy beklemtoon die land staan verenig vir die beskerming van Jode, ondanks tekens van toenemende anti-Semitisme. Sogenaamde Molotov cocktails is vandag deur twee gemaskerde mans na ‘n sinagoge wat aan die Kahal Adass Jisroel Joodse gemeenskap behoort geslinger. Terwyl die polisie die aanval ondersoek het, het hulle nog ‘n man gearresteer wat die toneel genader het en slagspreuke teen Israel geskree het.