Bom dreigement by Swakopskool onder beheer

Die Erongo-polisie het bevestig dat daar wel ‘n bom dreigement by Pro-Ed Akademie op Swakopmund was. Volgens inspekteur Ileni Shapumba is lede ontplooi. Daar is tans geen berig wat enige bom of gevaar nie en die situasie is onder beheer. Die skool het te kenne gegee dat hy per epos ‘n bom dreigement ontvang het en blykbaar het ander skole ook sulke eposse ontvang maar, dit is ernstig opgeneem en die skool is ontruim sodat leerders hulle eksamens kan hervat. Alles is tans onder beheer.