Bolsonaro keer terug na Brasilië

Brasilië se verregse voormalige president, Jair Bolsonaro, het na Brasilië teruggekeer, waar hy deur honderde ondersteuners by die hoofstad Brasilia se lughawe begroet na drie maande in selfopgelegde ballingskap in die VSA. Die 68-jarige Bolsonaro, wat nog nie sy nederlaag in verlede jaar se verkiesing erken het nie, sal na verwagting die opposisie teen die linkse president Luiz Inacio Lula da Silva lei, het amptenare in sy Liberale Party gesê. Hy het net voor hy Florida verlaat het, gesê hy sal sy party help om voor te berei vir die munisipale verkiesings volgende jaar maar, dat hy nie enige opposisie sal lei nie. Hy word tans in Brasilië ondersoek vir sy rol in die opstand op 8 Januarie.