Bolla-emoji word standbeeld vir Capitol-betogers

Daar is ‘n nuwe tydelike standbeeld wat aandag trek naby die Amerikaanse  Capitol… ‘n brons uitbeelding van die aanlyn onlasting-, of te wel, bolla-emoji. Effe groter as ‘n sokkerbal, is dit so geplaas om die bekende koepel van die Capitol-gebou te komplementeer. ‘n Teken onthul die doel daarvan: “Hierdie gedenkteken vereer die dapper mans en vroue wat op 6 Januarie 2021 by die Verenigde State se Capitol ingebreek het om te plunder, te urineer en te ontlas, net om ‘n verkiesing omver te werp. Hierdie monument staan ​​as ’n bewys van hul waaghalsige opoffering en blywende nalatenskap.”