Boliviaanse generaal sit vir 6 maande vir ondersoek na staatsgreep-poging

Die Boliviaanse generaal Juan Jose Zuniga is tot ses maande voorkomende aanhouding gevonnis vir sy rol in ‘n mislukte staatsgreep. Die kantoor van die prokureur-generaal het die aanhouding van ses maande versoek en gesê ander regeringsliggame, insluitend die ministeries van verdediging en binnelandse sake, ondersteun dit. Dit gee owerhede ‘n geleentheid om ‘n deeglike ondersoek te voltooi voor ‘n verhoor plaasvind.