Bolanders gaan die naweek sweet

‘n Verskroeiende warm naweek lê vir die Boland voor en hittegolf-rekords kan spat. Die temperatuur in Wellington kan vandag en môre tot 45 grade haal. Dit kan die dorp die warmste plek waar temperature op aarde gemeet word, maak. Inwoners van die Paarl kan vandag en môre 44 grade verwag. Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, maan die Moederstad gaan ook sweet.