Bokvleis-uitvoere, hoe gemaak, ons slag nie bokke nie

Namibië het goedkeuring van China gekry om gedroogde vrugte en skaapvleis daarheen uit te voer. President Nangolo Mbumba het aangekondig dat Namibië voorkeurinvoer-bepalings sal geniet en dat bokvleis deel sal wees van die uitvoere. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur by Agribank se Adviesdienste, oor hoe die bokvleis-uitvoere sal werk aangesien Namibië nie bokke slag nie en hulle lewend uitvoer na Suid-Afrika.