Bokspelers sal SA se VRK-spanne versterk

Die Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap behoort versterk te word met die terugkeer van sommige Springbokke vir die naweek se wedstryde. Dit volg op verlede week se eerste ronde toe die Leeus en die Bulle oorwinnings behaal, maar die Stormers en die Haaie verloor het. Die Leeus speel môremiddag op Ellispark teen Edinburgh en die Bulle verwelkom Ulster op Loftus. Die Haaie speel in Newport, Wallis, teen die Dragons en die Stormers pak Zebre in Parma, Italië.