Boks: IOK onttrek erkenning van Internasionale Boksvereniging
Boks: Die Internasionale Olimpiese Komitee het gestem om die Internasionale Boksvereniging se status as die sport se wêreld-beheerliggaam op te skort. Die besluit is met 69 stemme teen een aanvaar terwyl tien lede buite stemming gebly het. Die IOK se uitvoerende raad het die skorsing vroeër die maand aanbeveel nadat die boksvereniging nie daarin geslaag het om hervormings in te stel nie nadat hy in 2019 geskors is oor bestuurskwessies en vermeende korrupsie. Die IOK-president Thomas Bach het herhaal dat die komitee se probleem nie met boks is nie, maar met die Internasionale Boksvereniging en sy bestuurswyse.