Boko Haram-vegters sneuwel na aanval 

Minstens 50 Boko Haram-vegters is dood en sewe lede van Nigerië se infrastruktuur-veiligheidsmag word vermis ná ‘n rebelle-lokval uitgevoer is op ‘n konvooi wat die land se kragnetwerkinstallasies monitor. Veiligheidsbeamptes is tydens die patrollie deur sowat 200 Boko Haram-vegters oorval. Volgens Reuters word daar na die vermistes gesoek. Boko Haram is hoofsaaklik in die noordooste bedrywig, maar het ook faksies in die hoofsaaklik Moslemstaat Niger, waar die weermag en burgerlikes voorheen aangeval is.