Boko Haram-lede uit Nigeriese tronk bevry deur ISIS

Ongeveer 440 gevangenes is op vrye voet na ‘n vermeende aanval deur Islamitiese Boko Haram-militante op ‘n tronk in Nigerië se hoofstad, Abuja. Die permanente sekretaris van die ministerie van Binnelandse Sake, Shuaib Belgore, sê ‘n sekerheidsbeampte is tydens die aanval dood en drie gewond. Die aanvallers se doel was vermoedelik om lede van Boko Haram wat in die tronk aangehou word, vry te laat, maar ander het dit ook reggekry om weg te kom. Vier gevangenes is dood en 16 gewond. Intussen het die Islamitiese Staat verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.