Bokke volgende jaar gasheer vir Italië in twee toetse

Rugby: Die Springbokke is middel volgende jaar gashere vir Italië in ʼn reeks van twee toetse, asook vir ʼn Vlak Twee-land. Die Azzurri is tans agste op die wêreldranglys na ʼn goeie jaar, insluitend twee oorwinnings in die Sesnasiesreeks. Die wêreldkampioen speel daarna twee keer in Suid-Afrika teen die Wallabies, twee keer in Nieu-Seeland teen die All Blacks asook ʼn tuis- en wegwedstryd teen Argentinië as deel van die Rugbykampioenskap. Die velde is nog nie bepaal nie.