Bokke takel Skotland in November
Die heersende wêreldkampioen, Suid-Afrika speel op 10 November teen Skotland op Murrayfield. Dit is deel van Skotland se internasionale herfstoetse, wanneer hulle ook teen Fidji, Portugal en Australië uitdraf. Die Springbokke en Skotland het laas in verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi teen mekaar gespeel. Die Bokke het die groepsfase-wedstryd met 18-3 gewen. Skotland het vierde geëindig in die Sesnasies-kampioenskap. Die hoofafrigter Gregor Townsend sê om die wêreldkampioen aan te durf is die grootste moontlike toets vir enige span op die oomblik en hulle sien uit na die wedstryd.