Bokke se fokus nou op Europa-toer

Springbokafrigter Rassie Erasmus sê die span se fokus het reeds verskuif na die jaareind-toer in Europa, en sommige spelers gaan binnekort ‘n oefenkamp op Jersey in die Engelse Kanaal bywoon. Daar word verwag dat Steven Kitshoff, Lood de Jager en moontlik Evan Roos en Sacha Feinberg-Mngomezulu nie fiks gaan wees om oorweeg te word nie. Die Bokke speel op 10 November op Murrayfield teen Skotland, die 16de op Twickenham teen Engeland en die 23ste in Cardiff teen Wallis. Erasmus sê hulle wil die toer onoorwonne afsluit.