Bokke pak Wallis in Junie op Twickenham

Rugby: Die Springbokke draf op 22 Junie die eerste keer weer op die veld sedert verlede jaar se Wêreldbeker-eindstryd wanneer hulle op die ikoniese Twickenham in Londen teen Wallis te staan kom. Die wedstryd in Londen om die Qatar Airways-beker sal die ideale voorbereiding wees vir die reeks teen Ierland, wat twee weke later begin. Die kragmeting is ‘n herhaling van 2015 se Wêreldbeker-kwarteindstryd op Twickenham, wat Suid-Afrika 23-19 gewen het.