Bokke moes eenvoudig wen – Siya

Springbokkaptein, Siya Kolisi, sê hulle moes eenvoudig Saterdag se toets teen die All Blacks in Kaapstad wen. Kolisi het die wedstryd met ’n gebreekte neus gespeel en die Bokke se eerste drie in die tweede helfte gedruk. Hy sê die All Blacks het nie toegelaat dat Suid-Afrika foutloos is nie, maar die span het gedoen wat hulle moes om te wen. Die telling van 18-12 het hulle ook toegelaat om die Vryheidsbeker vir die eerste keer sedert 2009 terug te wen, en terselfdertyd ‘n baie seldsame vierde oorwinning oor Nieu-Seeland aan te teken.