Bokke kry 6 verskillende skeidsregters
Rugby: Ses verskillende skeidsregters gaan die fluitjie hanteer in die Springbokke se Rugbykampioenskap-wedstryde. Luke Pearce blaas in die openingswedstryd volgende Saterdag teen Australië, met Paul Williams van Nieu-Seeland die skeidsregter in Perth. Andrew Brace van Ierland en Matt Carley van Engeland beheer die twee agtereenvolgende toetswedstryde teen Nieu-Seeland in Johannesburg en Kaapstad. Hollie Davidson van Skotland maak geskiedenis as die eerste vroulike wedstrydbeampte in die kompetisie.