Bokke kan talle mylpale haal in Perth
Rugby: Die Springbokke kan vandag talle mylpale haal in die Rugbykampioenskapstoets teen Australië in Perth. Eben Etzebeth, wat op die bank begin, kan by Bryan Habana aansluit met sy tweede meeste Boktoetse van 124, net drie agter Victor Matfield se rekord van 127. Kwagga Smith speel in sy 45ste toets. Die Bokke hoop om die eerste keer in 50 jaar vier keer agtereenvolgens met die Wallabies af te reken. Die spelers in Suid-Afrika se opdrafspan het saam 332 toetse gespeel.