Bokke kan nie wag om teen Ierland te speel nie: Kolbe

Rugby: ‘n Klipharde stryd word vanmiddag in Pretoria verwag wanneer die twee topspanne op die wêreld-ranglys, Suid-Afrika en Ierland, op Loftus Versfeld teen mekaar te staan kom. Die Bokke het slegs teen Ierland verloor tydens verlede jaar se triomfantelike Wêreldbeker-veldtog, en wil sake regstel. Hulle waag geen kanse nie en het ‘n sterk span vol Wêreldbeker-wenners gekies. Die vleuel Cheslin Kolbe sê hulle is gereed vir ‘n reusestryd.