Bokke is steeds wêreld se nommer een-span
Die Springbokke bly die wêreld se nommer een-span al het die reeks teen Ierland gelykop geëindig. ‘n Oorwinning van 25-24 danksy ‘n skepdoel op die nippertjie vir die tweede-beste span, Ierland, in Durban het die toetsreeks gelykop laat eindig nadat die Bokke in die eerste kragmeting in Pretoria met sewe punte gewen het. Die Springbokke is met 1,75-ranglyspunte gestraf na die nederlaag op Kingspark, maar is steeds voor Ierland, wat 1,75-ranglyspunte bygekry het weens die oorwinning.