Bokke het reuse-stryd teen Australië die naweek

Die Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, sê hulle aanvangstoets Saterdag teen Australië in die Rugby-kampioenskap gaan ‘n massiewe stryd wees in die vaste fasette, skrums en losgemaal. Die kragmeting op Loftus Versfeld in Pretoria is albei spanne se eerste toets vir die 2023-seisoen. Davids sê Australië is goed gebalanseerd met ervare en talentvolle jong spelers in die groep en afrigter Eddie Jones sal seker maak hulle is Saterdag gereed vir ‘n mededingende stryd: