Bokke en whiskey om jou grond te verkoop, verhuur
Die Instituut vir Rasseverhoudinge is besorg omdat landelike grondeienaars se eiendomsreg hulle ontneem word ingevolge die nuwe gewysigde Wet op Gemeenskaplike Eiendomsverenigings. Gabriel Crouse van die IRR sê 470 000 landelike grondeienaars moet nou goedkeuring van die staat kry om hul grond te verhuur of te verkoop, wat ekonomiese vryheid aan bande lê. Hy sê dit bedreig alle eiendomsreg in Suid-Afrika. Crouse vra die wetgewing moet herroep of regstappe gedoen word om landelike gemeenskappe se ekonomiese geleenthede te beskerm: