Bokke draf die Wallabies kaf in Brisbane
Die Springbokke het die openingswedstryd van die Rugbykampioenskap in Brisbane, Australië teen die Wallabies met 33-7 gewen. Die rustyd-telling was 21-0 in die Bokke se guns. Kommentators meen dit was ‘n uiters doeltreffende Bokspan wat vaartbelyn in die eerste helfte gespeel het met dissipline wat gesukkel het in die tweede helfte.