Bokke beskerm woude teen veldbrande
In die suidelike Chileense stad Santa Juana, wat vroeër vanjaar swaar getref is deur veldbrande, het plaaslike inwoners ‘n spesiale taakspan wat help om brande te bestry – ‘n trop bokke. Die bokke het reeds een inheemse woud van die Bosques de Chacay-park gered, en verhoed dat die park word deur Februarie-bosbrande verwoes word. Die tegniek, wat ook in Portugal en Spanje gebruik word, maak staat op bokke om droë weivelde en ander plantegroei wat bosbrande in die somer aanvuur, te beheer. Bokmis help ook om die grond te verryk en verdere erosie te voorkom. Die brand het wel die park bereik maar net die eerste bome op die grens gebrand. Die prinsiep is eenvoudig – die bokke vreet die materiaal wat brande op grondvlak in woude aanvuur. Dit word strategiese weiding genoem.