Bokke berei voor vir ‘n taai stryd Sondag

Die Springbok-senter, Andre Esterhuizen, sê hulle maak gereed vir ʼn taai wedstryd wanneer hulle Sondag op Murrayfield in Edinburgh teen Skotland uitdraf. Die Bokke is weens diepte en beserings steeds onseker oor verskeie belangrike posisies in die span. Afrigter Rassie Erasmus sal Vrydag sy groep vir die wedstryddag aankondig. Esterhuizen sê hulle effense rustyd-voorsprong van ses-drie in verlede jaar se eerste Wêreldbeker-groepwedstryd in Frankryk, wys hoe mededingend toetse teen Skotland kan wees: