Bok-vroue tref terugslag met De Bruin se beseringApril 25, 2023

Die Springbok-vrouesewes het ‘n terugslag beleef toe Marlize de Bruin uitgeskakel is vir die tweede Wêreldrugbysewes Challenger-reekstoernooi wat die naweek by die Markötter-stadion in Stellenbosch plaasvind. Sy het haar enkel in die eerste Challenger-reeks se eindstryd teen België beseer. De Bruin wat deur Jakkie Cilliers vervang word, sê sy sal ses weke buite aksie wees en ‘n maanstewel dra: