Bok-flank terug vir Bulle vir VRK-halfeindstryd

Rugby: Springbok-flank Marco van Staden is terug vir die Bulle in vanmiddag se Verenigde Rugbykampioenskap-halfeindstryd teen Leinster in Pretoria. Die Wêreldbekerwenner is weer fiks na ‘n besering. Dit is een van drie veranderings wat die direkteur van rugby Jake White gemaak het in sy opdraf-15-tal, met Sergeal Petersen wat bevorder is tot nommer 14, met Devon Williams op linkervleuel. Die ander halfeindstryd is vanaand in Ierland, waar Munster Skotland se Glasgow Warriors verwelkom. Eugene Hare, die uitvoerende hoof van die Blou Bulle, sê hulle is gereed.