Boete en/of tronkstraf in Bots as jy spuit weier

Landsburgers van Botswana wat terugkeer na die land toe en nie ingeënt wil word nie, kan ‘n boete van 6 500 Namibiese dollar en/of ‘n jaar tronkstraf ontvang. Volgens berigte is die buurland se regering bekommerd oor entstowwe wat in April verval. Die nuwe maatreël is reeds in die staatskoerant gepubliseer. Om toegang tot die land te verkry moet persone of ingeënt wees of ‘n negatiewe PCR-toets kan toon en die bepaling is van toepassing op enigiemand bo die ouderdom van 12.