Boereverenigings vra steun by hof vir Brockerhoff-stroopsaak
Die vermeende reeksstroper Derick Brockerhoff verskyn weer môre in die Windhoek-laerhof en boereverenigings beplan om weer na die hof op te ruk. Brockerhoff en Markus Rooinasie is in April met ‘n koedoe en gemsbok-karkas oos van Windhoek gevang, en Rooinasie het reeds skuldig gepleit aan stropery. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hennie Brisley van die Windhoek Streekslandbou-unie, wat boere en die publiek nooi om by die hof ondersteuning te kom bied.