Boere verloor N$14,4m in 2023

‘n Omvattende ontleding deur die Lewendehawe Produsente-organisasie toon verbysterende verliese van amper 14,4 miljoen Namibiese dollar wat boere gedurende 2023 aangeteken het. Die Namibiese Landbou-unie sê die verliese is deur roofdiere, diefstal, droogte-verwante siektes en rampe, asook probleemdiere veroorsaak en spruit uit 1 248 insidente wat deur LPO-lede gerapporteer is. Dit verteenwoordig ’n fraksie van die totale veesektor. Die NLU sê pogings moet vorentoe aangewend word om boere te motiveer om aan hierdie statistieke deel te neem om sodoende ’n meer verteenwoordigde syfer te kry.