Boere van regoor die wêreld vergader in Mei

Die Wêreld-Boerevereniging se jaarvergadering sal vanaf 21 tot 24 Mei by Sun City in Suid-Afrika gehou sal word. Vanjaar se vergadering sal fokus op die bespreking van pertinente kwessies wat boere wêreldwyd raak, insluitend biodiversiteit, voedselsekuriteit, marktoegang en tegnologiese vooruitgang in die landbou. Die geleentheid sal ‘n platform bied vir boere wêreldwyd om hul ervarings te deel, van mekaar te leer en innoverende oplossings te identifiseer om hul boerderypraktyke en lewensbestaan te verbeter.