Boere teen minimumloon is arrogant – kenner

Die arbeidskenner Herbert Jauch sê boere wat teen die voorgestelde minimumloon is, is arrogant. Dit kom na die Landbou Werkgewersvereniging die week gesê het die 2027-tarief van 18 dollar uurliks, is onhaalbaar. Jauch sê wat die werkgewers in ware wil hê is voortdurende beheer oor lone en om sogenaamde hongerlone te betaal. Volgens Jauch het die jongste data oor lone, die 2018-opname getoon dat 70 persent van alle Namibiërs wat werksaam is, 1 400 dollar maandeliks verdien het. Jauch het ook melding gemaak van wat hy beskryf as werkgewers wat steeds vassit in die koloniale tyd en sê die koloniale ekonomie is gebou om goedkoop, swart arbeid.