Boere, onthou julle loonopgawes!
Die Namibiese Landbou-unie herinner sy lede daaraan dat die Landbou-werkgewersvereniging se loonopgawes teen 30 April by die kantoor moet wees. Tot op hede het slegs 220 lede die vorms ingedien, of 13,2 persent van die ledetal. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren van die Landbou-werkgewersvereniging gesels. Hy sê as deelname laag bly, kan dit die geloofwaardigheid van die vergoedingsprojek in gedrang bring. Van Vuuren verduidelik waarom dit belangrik is om die loonopgawes in te dien.