Boere moet voorberei vir hoë reënval
Die weerkundige, Johan van den Berg, doen ‘n beroep op boere in die somer-reënvalstreke om voor te berei vir ‘n derde agtereenvolgende hoë-reënvalseisoen. Suider-Afrika het twee agtereenvolgende La Niña-seisoene ervaar tussen 1973 en 1975, en weer tussen 1998 en 2001. Van den Berg sê hoë reënvalseisoene hou die gevaar in vir vloed- en oesskade. Hy voeg by bogemiddelde reënval kan tussen November en Januarie volgende jaar verwag word. Die La Niña-verskynsel behoort teen Februarie te begin afneem.