Boere moet voorberei, op alles…

Volgens die plantegroei-toestand indeks van Namibia Rangelands is die veld in die hele land in ‘n erge of baie swak toestand, weens die gebrek aan reën. Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur vir Agribank se adviesdienste, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê boere moet droogtehantering-strategieë ontwikkel om te verseker dat hul diere tot die volgende reënseisoen oorleef. Hulle moet voorberei vir waterskaarste, hoër temperature, swak weidingstoestande en gepaardgaande bedreigings vir vee se gesondheid, ook in terme van klimaatsverandering.