Boere, maak so as jy nou wil boskos maak

Namibië dra ‘n groen baadjie weens die goeie reënval wat ons gekry het. Dit is ‘n wonderlike tyd om ons te verwonder aan die welige weiveld in die land. Dit is egter ook die regte tyd om vir droër seisoen voor te berei en met die produksie van bosgebaseerde veevoer te begin, veral met voorspellings van El Nino in die komende seisoen. Die potensiaal om indringerbosse vir veevoer te benut hou aansienlike voordele vir Namibië in, veral gedurende die droë seisoen. Dr. Dagmar Honsbein, ‘n boskos-kenner het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor wat boere moet doen, sou hulle met bosvoer wil begin ter voorbereiding…