Boere, jul dieregesondheids-verklarings moet ingedien word

‘n Namibiese veearts sê dit is uiters belangrik dat veeboere hul dieregesondheids-verklarings moet indien. Die Namibiese Landbou-unie maan veeboere dat die verklarings aanlyn via die NamLITS-stelsel voor 31 Januarie in te dien. Verklarings-vorms kan van die Vleisraad van Namibië se webwerf afgelaai word en is ook by staatsveeartseny-kantore beskikbaar. Die amptelike verklaring moet elke ses maande deur alle veeboere ingevul moet word. Windhoekse veearts dr. Theuns Laubscher verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom veesiektes aangemeld moet word.