Boere is steeds vol moed sê Pretorius

Die Namibiese Landbou-unie hou vandag sy jaarkongres in Windhoek. Belangrike landboukwessies word bespreek en die nuwe leierskap van die unie en die Lewendehawe Produsente-organisasie sal voor die einde van die dag gekies word. Thinus Pretorius, die president van die NLU het die lede toegespreek. Hy sê hy is trots op die boeregemeenskap.