Boere in SA behaal oorwinning oor waterregte

Die DA sê Suid-Afrikaanse boere het ‘n belangrike oorwinning oor waterregte behaal nadat die Konstitusionele Hof beslis het die houers van waterregte kan sulke regte oordra in ooreenstemming met die Nasionale Waterwet. Die Departement van Water en Sanitasie het in 2013 ‘n omskrywe uitgereik wat boere verbied het om handel te dryf in watergebruikregte of dit oor te dra. Noko Masipa van die DA sê die vervreemding van die reg tot watergebruik en die wettige oordrag van die eienaarskap aan ‘n derde party is lank reeds omstrede: