Boerdery-diversifikasie? Daar’s ander probleme: kenner

Karas-goewerneur Aletha Frederick het onlangs gesê boere moet toenemend hul bedrywighede moderniseer, herbelyn en diversifiseer, veral in die lig van die langdurige droogte wat landbou regoor die land erg skade aangedoen het. Sy het by die Hervestigingsboeredag in Keetmanshoop haar tevredenheid uitgespreek dat die boere ‘n platform en ‘n dag van hul eie geskep het om nuttige kennis uit te ruil oor produktiewe boerdery en die diversifikasie van landboumetodes, in reaksie op veranderende omgewingstoestande. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike landboukenner, Wallie Roux, wat ander probleme beklemtoon.