Boer in Mieliedriehoek sê mielie-oeste kom in  

Nes in Suid-Afrika, begin die mielie-oeste in produksie-gebiede in Namibië inkom. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n mielieboer oos van Grootfontein, Dawie Kok gesels oor die vooruitsigte. Hy sê die boere in die Mieliedriehoek is druk besig om te oes en mielies is al op pad na die meulenaars. Weens die swak en sporadiese reënseisoen lyk die oeste op droëland nie so goed nie met ‘n vooruitskatting van 22 000 ton wat laer is as verlede jaar. Kok sê oeste vir besproeiings-produseerders lyk goed met die oesskatting op 61 000 ton.