Boek-uitgewers dagvaar DeSantis se regering

Groot uitgewers van boeke dagvaar die Amerikaanse staat Florida oor ‘n wet wat skole toelaat om sekere boeke uit hulle biblioteke te verbied. Uitgewers, waaronder Penguin Random House en Simon and Schuster, betoog die wet skend die Eerste Wysiging se reg tot vrye spraak. Die wet laat die verwydering van boeke toe wat seksuele gedrag uitbeeld of beskryf, of wat onvanpas is vir die graadvlak en ouderdomsgroep van leerders. Onder die boeke wat verwyder is, is Ernest Hemingway se For Whom the Bell Tolls, Toni Morrison se The Bluest Eye en Leo Tolstoy se Anna Karenina.