Boeing se uitdagings ‘n meevallertjie vir Airbus

Airbus wen al die pad met Boeing se uitdagings. Volgens wat berig word het die vervaardiger bestellings vir 65 vliegtuie van twee van Boeing-kliënte ontvang, ‘n groot deurbraak vir die Europese firma. Japan Airlines het 21  A350-900 en 11 A321 bestel, die eerste keer wat die redery sake met Airbus doen. Suid-Korea se grootste lugdiens, Korean Air sal 33 A350’s bestel.