Bo-50 Afrikabeker 2024-reeks binnekort in Windhoek
Die Veterane Krieketvereniging van Namibië sal die Bo-50 Afrikabeker 2024-reeks in Windhoek aanbied, waar Namibië teen Suid-Afrika se A- en B-spanne en Zimbabwe sal kragte meet. Die toernooi sal bestaan uit agt 45-boulbeurte-wedstryde wat by die Namibië Krieketgronde, Wanderers Sportklub en Trustco United Sportklub gespeel sal word. Namibië speel teen Suid-Afrika A te Wanderers in die openingswedstryd op Sondag, 17 November, terwyl Suid-Afrika A en Zimbabwe mekaar op die Namibië Krieketgronde in Olympia sal pak. Nog rondomtalie-wedstryde volg op 18 en 20 November. Die brons-eindstryd word op 21 November by Wanderers gespeel en die bekereindstryd by United op dieselfde dag.