Bly weg van gevaarlike insekdoder!

Die landbouministerie waarsku die publiek om nie ‘n insekdoder bekend as Boam of Bloom aanlyn te koop nie. Die produk word nie in Namibië toegelaat nie en kan ernstige gesondheidsrisiko’s inhou as mense daaraan blootgestel word. Die ministerie sê die produk is nie in die land geregistreer nie en enige verkope daarvan is ongemagtig. Jona Musheko, die ministerie se woordvoerder sê dat mense dit teen kakkerlakke in hul huise aanwend, wat uiters gevaarlik is.