Bly waaksaam oor M-pokke: oud-gesondheidminister

Zimbabwe het die week sy eerste twee gevalle van M-pokke bevestig, albei in Harare. Die een is ‘n seun wat siek geword het na ‘n besoek aan Suid-Afrika, en die ander ‘n man wat na Tanzanië gereis het. Baie Namibiërs reis na buurstate en Kosmos 94.1 Nuus het gesels met oud-gesondheidminister dr. Bernard Haufiku, wat sê Namibië moet waaksaam bly want ons is ‘n kontinentale gemeenskap.