Blouregmerk van X mislei verbruikers – EU
Die Europese Unie sê die tegnologie-miljardêr Elon Musk se X-platform mislei gebruikers met sy blouregmerke vir gesertifiseerde rekeninge, en oortree ook inhoudsreëls. Reguleerders is ontevrede oor die bloukentekenstelsel onder Musk se eienaarskap omdat enigeen dit nou kan kry, nadat dit vroeër net vir geverifieerde rekeninge gegeld het. X is die derde maatskappy wat in drie weke onder die EU deurloop vir die verbreking van belangrike nuwe reëls, nadat Brussel vir Apple en Meta gewaarsku het om hulle praktyke te verander of reuseboetes opgelê te word.