Blokkering van ID’s is onwettig, sê menseregte-advokaat

Regslui vir Menseregte betwis die wettigheid van die Departement van Binnelandse Sake se blokkering van individue se identiteitsnommers. Dit gebeur terwyl die departement poog om bedrieglike bedrywighede hok te slaan. ‘n Menseregte-advokaat, Thandeka Chauke, onthul meer as 100 individue het by die instelling hulp gevra om aandag te skenk aan hierdie saak. Chauke wys daarop dat die departement versuim om individue in kennis te stel wanneer hul ID’s geblok word, en hul vind eers uit wanneer hulle probeer om toegang tot dienste te verkry. Chauke beweer hierdie praktyk sonder behoorlike kennisgewing, is onwettig: