Blokkade op Van Reenenspas kos miljoene

Die polisie het verskeie mense in hegtenis geneem na die blokkade op die Van Reenenpas op die N3 tolpad in Suid-Afrika. Vragmotorbestuurders het gister ontwrigting op die N3 tussen KwaZulu-Natal en die Vrystaat veroorsaak. Dis na bewering omdat hulle ontevrede is met buitelandse bestuurders wat in die sektor in diens geneem is. Die uitvoerende hoof van die buurland se Padvervoervereniging, Gavin Kelly, sê die ontwrigting het die land reeds miljoene-rande gekos.